SUID-KAAP HENGEL NUUS - Eden se hengelspan het tydens die nasionale hengel-kampioen-skap vir senior mans 'n goue medalje ingekatrol.
Hulle het van 24 tot 28 Februarie saam met 12 ander provinsies aan die toernooi deelgeneem.
Spanlede AJ de Beer, Enrico Lesch en Raldu Potgieter is ook vir die Proteaspan wat in 2021 teen Namibië gaan deelneem, gekies.
Niel de Jager van Eden is vereer omdat dit die 27ste nasionale kampioenskap is waaraan hy deelgeneem het. Andrew Wood het 'n trofee ontvang omdat hy die meeste vis tydens die toernooi gevang het.
"Die toer-nooi het van Stilbaai tot Plettenbergbaai plaasgevind, maar almal was op Hartenbos tuis," sê Barnie Vermeulen, Eden-hengelvereniging se woordvoerder.
Andrew Wood (regs), wat die meeste vis tydens die toernooi gevang het, ontvang die trofee van Collin Scheepers van die Protea-hengelspan.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'