RIVERSDAL ROLBALNUUS - Riversdal Rolbalklub se sosiale liga vir seisoen twee het op 26 Augustus afgeskop met 24 spanne op die bane.
Die spanne was baie gretig om die balle aan die rol te sit en het weer lekker gespeel na die lang pouse sedert seisoen een.
Week drie se spel is vandeesweek en alle Covid-19 regulasies word gevolg soos voorgeskryf deur Eden Bowls.
Gewone spel
Gewone spel het op Saterdag 04 September plaasgevind. Daar was koopbewyse op die spel vir die span met die grootste punteverskil en Monica Le Roux en Paulina Saayman was die wenners. Die lede het dit geniet en die atmosfeer was vreugdevol.
Stephen Saayman stuur 'n bal af op die baan.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'