RIVERSDAL NUUSFLITS - Die Bulle se eerste muurbalspan troef Paarl Gimnasium op Vrydag 18 Mei met ’n telling van 12-2.
Tydens ’n reusesportdag op Saterdag 19 Mei neem 20 rugbyspanne teen Paarl deel, waarvan die Bulle sewe wen.
Die eerstespanwedstryd was ’n drieë-fees en ’n skouspel van aantreklike skolerugby.
Dit was egter die Oakdalers se verdediging wat hulle veral in die tweede helfte in die steek gelaat het om die wedstryd met 39-47 te verloor.
Saterdag meet die Oakdalers kragte met Hoërskool Outeniqua in ’n Premier Interskolewedstryd om 12:15. Hierdie wedstryd word ook direk op televisie gebeeldsaai.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Trevino Gordon, o.19A-speler van die Bulle laat loop met die bal.
Agter, van links is Neil le Roux, Enrique Arendse, Dian Heunis, Johan Balt, Philip Kleynhans, Morné Els (o.k.), Armand van der Hoven, Welmar van der Mescht, Riaan Swart en Johan Durr. Voor: Simeon Oosthuizen, Paul de Villiers (k), Matthew Golden, Dieter-Steyn van Niekerk, Jacobus Esterhuyse en Kurtley Kiewiet.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'