RIVERSDAL NUUS - Miemie du Plessis, Veronica Enright en Retha Lategan van Riversdal-rolbalklub het 'n vierde plek uit 14 spanne behaal tydens die Damesdag op 10 Maart by Stilbaai-rolbalklub, wat die gasheerklub was.
Twee spanne van Riversdal het die klub by die geleentheid verteenwoordig, met Johlene Streicher, Herma Foster en Lily van Rhyn in die ander span.
"Ons is baie trots op al ons dames wat deelgeneem en Riversdal-rolbalklub se naam hoog gedra het," het Charl Nortjé, media woordvoerder van die klub gesê.
Die klub se sosiale liga, seisoen 1 vir 2022 is fluks aan die gang. Twintig spanne, onder andere plaaslike besighede en skole het ingeskryf.
"Ons sien uit om te sien wie die trofee hierdie seisoen huis toe sal neem. Alle sterkte aan die spanne wat ingeskryf het!"
Mario Ludick stuur die bal af.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'