STILBAAI NUUS - Lena Cronjé van Stilbaai-hengelklub was die top-vrouehengelaar van Eden-hengelvereniging se agtste ligakompetisie.
Sy het dié titel met 15.73 punte op Saterdag 30 Maart gewen. Die groot meester was René Cronjé, ook van Stilbaai, met 18.09 punte.
Die Triton-span van Mosselbaai het die beste vir die dag gevaar.
Ruben Gouws van George-hengelklub het die grootste oneetbare vis, 'n pylstert van 50,52 kg, ingeweeg. Gouws is ook die tophengelaar van die dag met 91.25 punte. Chris Ferreira van Triton-klub het die grootste eetbare vis, 'n kabeljou van 37,66 kg, gevang.
Michael Buchle van Knysna-hengelklub is die top-o.16-hengelaar met 25.35 punte. Die top-o.21-hengelaar is Luan Els van Triton met 31.72 punte. Henry McKay van Atlantic is die topmeester met 24.30 punte.
Die gelukstrekking se pryse is deur al die klubs in Eden geskenk en al die borge wat betrokke was, word bedank.
Puntestand
A-liga: Stilbaai 968.51; Knysna 858.93; Outeniqua 851.31; Triton 834.35; George 773.69; Atlantic 691.61 en Mosselbaai 279.39.
B-liga: Stilbaai 595.19; Triton 577.96; Knysna 566.00; George 544.19; Outeniqua 420.07; Atlantic 336.82 en Mosselbaai 150.55.
C-liga: George 264.93; Knysna 94.34; Outeniqua 94.17; Triton 81.47; Stilbaai 80.01 en Atlantic 64.17.
Die volgende kompetisie vind op 13 April in Wildernis plaas.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'