STILBAAI NUUS - Stilbaai-rolbalklub het op Vrydag 16 en Saterdag 17 September die 11de Stilbaai Classic-toernooi aangebied.
Spanne van Mosselbaai, Hartenbos, Robertson, Bellville, George en Stilbaai het mekaar die stryd aangesê in gemengde viere en daar is behoorlik balle gerol met elke span wat drie wedstryde per dag gespeel het.
Volgens Dup van Renen, president van Stilbaai-rolbalklub, is daar meegeding vir kontant en geborgde pryse ter waarde van R27 500.
Hy sê dat die eerste prys in die eerste toernooi in 2010 was 'n enkeltreinkaartjie was na enige bestemming in Suid-Afrika.
Uiteindelik was die span van Morné Pienaar, Greg Mennie, Lynette Erasmus en Eben Maré die wenners en hulle het afgereken met Johan Roestorff, Wessel Potgieter, Paula Swanepoel en Johan Snyman, wat die vorige drie jaar voor geëindig het.
Die naaswenners van links: Wessel Potgieter, Johann Roestorff, Paula Swanepoel, Johan Snyman en Dup van Renen (president).
Die Blouspan was derde. Van links: Willem Dippenaar, Marshall Donaldson, Corrie Donaldson en Ansa Breytenbach.
Rol hom jou roller.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'