RIVERSDAL MUURBALNUUS - Vyf spanne wat bestaan uit ses spelers per span het aan 'n muurbaltoernooi Saterdag, 27 Maart by Riversdal-muurbalklub deelgeneem.
Die deelnemende spanne was die Stormers, Sharks, Bulle, Lions en Cheetahs - en nee, dit was nie die rugbyspanne nie...
Die Cheetah-span was die wenners van die dag, wat bestaan het uit Jonathan Abrahams, Cheslin Malgas, Esteban D'Emilje, Sebastian Visser, George Gerber en Chanel Louw.
"Baie dankie aan almal wat deelgeneem het, asook ons borge wat die dag moontlik gemaak het," het Johathan Abrahams (voorsitter) gesê.
Vyf spanne het aan 'n muurbaltoernooi by Riversdal-muurbalklub deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'