STILBAAI ROLBAL-NUUS - Die rolbalklub het Woensdag 7 November 'n baie suksesvolle Bay Linen en Bay Coffee borgdag gehad.
Hoewel die wind sterk gewaai het, het die spelers dit baie geniet om weer op die boonste baan te speel nadat dit vir 'n jaar onder konstruksie was.
Die eerste vier plekke het almal pryse gewen. In die eerste plek was Charles Botha (lei), Marie Steyn (tweede), Frik Putter (derde) en Hennie Steyn (skip).
Die tweede plek is ingeneem deur Eben Marè (eerste), Marie van Eeden (tweede), Steve Mentz (derde) en Tonie van der Walt(skip).
Die klub bedank hul borge, waarsonder hulle nie sulke kompetisies kan aanbied nie, asook almal wat braaikaartjies vir Vrydag 16 November gekoop het.
Al die kaartjies is uitverkoop.
Van links is Charles Botha, Marie Steyn, Frik Putter, Hennie Steyn en Seph Stephens (eienaar van Bay Linen & Bay Coffee).
Van links is Eben Marè, Marie van Eeden, Steve Mentz, Tonie van der Walt en Seph Stephens (eienaar van Bay Linen & Bay Coffee).
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'