Inderdaad was dit 'n goeie dag. Nie minder as ag ou rekords is verbeter en een van die baie ou rekords - wat staan sedert 1988 naamlik die 100m seuns o.15, gehou deur Martin Gildenhuys, is deur Martinique Pretorius verbeter.
Twee aflosrekords is ook verbeter.
'n Goeie tweegeveg het geheers tussen die atlete. Nie net op die baan en veld is daar heftig kompeteer nie, maar ook op die paviljoen is die kele goed beproef. Die atlete kon nie maklik 'n beter voorbereide baan/veld kry nie. Onder die bekwame hande van Okkie Verwey, is 'n speelveld baie keurig voorberei. Sektore is amptelik en professioneel uitgemerk en versorg. Vele ouers het behendig hul ampte as beamptes volgestaan. Die heerlike atmosfeer waarin die atletiek plaasgevind het, was 'n groot pluspunt vir die leerders. Met die atletiekstryd nou iets van die verlede, kan daar verder gebou word aan die goeie gees in Hattieland.
Met die punte van die Mini Comrades en namiddagoefensessies, het die Rooispan vanjaar met die louere weggestap. Die Blouspan het egter die geesbeker vir hul volgehoue aanmoediging ingepalm.
*Die nuwe rekords as volg: dogters o.8 Anine Dreyer - 80m; dogters o.10 Jay-Dee Rossouw - Gewigstoot; dogters o.12 Ember Edwards - 150m; seuns o.9 Lozynne Skietekat - hoogspring; seuns o.11 SP Keyser - 80m; seuns o.13 Reevin February - 200m en 800m; seuns o.15 Martinique Pretorius - 100m; seuns o.19 Dewald Janse van Rensburg - Gewigstoot.
Jacobus Fourie seil hoog oor die dwarslat.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'