HEIDELBERG NUUS - Power Kings van Heidelberg het die afgelope naweek 'n lelike bloutjie teen Blackballs geloop. Laasgenoemde, wat geen genade betoon het nie wen die wedstryd met 28-8.
Hul C- en B-spanne teken altesaam 18 punte aan. Daarna het die A-span ook die Kings van hul troon laat afgestoot met hul oorwinning van 10-2 gewen.
Magic Q van Heidelberg het ook verwoesting onder V-dub gesaai en hulle wedstryd gemaklik met 26-10 tuis gewen.
Down Town van Albertinia het slae in Heidelberg gekry en hul wedstryd met 25-11 verloor.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'