STILBAAI NUUS - Laerskool Bertie Barnard in Stilbaai het Saterdag 5 Augustus 'n rugby- en netbaltoernooi in perfekte weer aangebied.
Tien skole van so ver as Eversdal in die Kaap en Vanwyksdorp in die Klein-Karoo het deelgeneem.
Skoolhoof, Nicky Deetlefs, moes sekerlik 'n skietgebed opgestuur het ná reën die toernooi in die verlede al so ontwrig het.
Van die ou kleintjies tot en met die o.13's het almal met een doel opgeruk Stilbaai toe en dit was om nie net te wen nie, maar ook om vriendskapsbande te smee en die dag te geniet.
Die kosstalletjies is druk besoek en Bertie die Bosbok, Berties se gelukbringer, het almal hartlik verwelkom en tuis laat voel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’