STILBAAI NUUS - Laerskool Bertie Barnard in Stilbaai het Vrydagoggend 22 Desember in 'n see van kleur 'n baie suksesvolle "colour run" gehou.
Dit word jaarliks aangebied as deel van hulle fondsinsameling.
Nog voordat die drawwers die roete aangepak het was hulle alreeds getooi in al die kleure van die reënboog.
Op die vyf kilometer roete was daar ook elke kilometer 'n groepie mense wat hulle bestook het met 'n spesifieke kleur poeier.
By die eindpunt op die rugbyveld was oud en jonk skaars herkenbaar, maar dat hulle elke oomblik geniet het was duidelik.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’