Die Dasse se span bestaan nou alreeds uit agt ryers teenoor verlede jaar se vier! In die 50km wedren het Leendert Cronje tweede in die algemene klassifikasie geëindig asook tweede in sy ouderdomsgroep met Francois Cloete vyfde in dieselfde ouderdomsgroep (junior mans).
Lian Combrinck was tweede in sy ouderdomsgroep gewees, ook in die 50km wedren (youth men).
Drie nuwe fietsryers in die Dassespan het ook deelgeneem. Pieter-Dirk Fourie en Radandt Malherbe het die 25km aangedurf en met baie breë glimlagte die roete voltooi. Hymne van den Bergh is die eerste meisie wat vir die Dasse deelgeneem het en dit lyk asof die bergfietsrygogga behoorlik gebyt het!

Die ses bergfietsryers van die Dasse is van links: Pieter-Dirk Fourie, Radandt Malherbe, Liam Combrinck, Leendert Cronje, en Francois Cloete. Op die inlas is Hymne van der Berg.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'