STILBAAI NUUS - Die Twilight Bowls is Woensdagaand 14 November onder spreiligte by Stilbaai-rolbalklub gespeel met ’n baan vol spelers.
Die nuwe braai by die klub was Vrydagaand 16 November ingewei en 103 mense het kaartjies gekoop en het aan die braaivleis, pap en slaaie gesmul.
“Baie dankie aan al die Stilbaaiers wat ons so goed ondersteun het, ons maak binnekort weer so,” het Gerald Enright van die klub gesê.
Wenners:
- Annelie van Renen (lei), Pierre Malherbe (tweede), Hennie Smith (derde) en Johann Roestorff (skip);
- Johan Steenkamp (lei), Dougie Saayman (tweede), Lynette Spies (derde) en Nugget van Noordwyk (skip);
- Elza Cloete (lei), Tharina Cloete (tweede), Wessel Potgieter (derde) en Eddie de Freitas (skip).
- Luther Vlok (lei), Elize Botha (tweede), Gerald Enright (derde) en Bregda Steenkamp (skip).
Die klub bedank Four Seasons vir die aand se pryse.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'