Dit was 'n uitstekende, goed georganiseerde proewe, met deelnemers wat 'n goeie gees van sportmanskap gehandhaaf het.Op hierdie dag is atlete ook vereer vir prestasies gelewer gedurende die 2011 karate seisoen. Vir Heidelberg het Shaun Michaels, Jaime Nicholls, Ancha Adams en Nelson Nicholls sertifikate ontvang vir hul prestasies gedurende 2011.
Ancha Adams, 7-jarige atleet van Heidelberg Kyousei, is ook vereer met 'n trofee as die beste sportkarate-atleet in haar afdeling 6 tot 9 jaar. Nelson Nicholls het die trofee ontvang as beste sportkarate-atleet in die Kadette afdeling en is ook vereer met 'n trofee as Sportman van die Jaar.
Gedurende die proewe is die volgende prestasies deur die Heidelberg Kyousei atlete behaal: Ancha Adams - silwer medalje in Kumite; Jaime Nicholls - silwer medalje in kumite; Elwin February - goud in Kumite en Nelson Nicholls - goud in Kumite. Die finale SWD Karate span sal eersdaags bekend gestel word vir deelname aan die Wes-Kaap Karate kampioenskappe wat sal plaasvind op 29 en 30 Junie 2012 in Worcester.

Medalje-wenners in die SWD karate proewe: Agter van links: Elwin February en Nelson Nicholls. Voor is Jaime Nicholls en Ancha Adams.