Update
HESSEQUA SPORTNUUS - Die Hybrids-potspelspan van Heidelberg lek seker steeds hulle wonde na Sondagaand, 13 Junie se pak slae van 23-13 teen die gevaarlike Black Balls van Albertinia.
Vier punte was reeds in die sakkie omdat die besoekers laat vir hulle wedstryd opgedaag het.
Black Balls het van Hybrids 'n voorbeeld gemaak sodat ander spanne weet dat hulle punte gaan verloor indien hulle laat vir 'n ligawedstryd opdaag.
Die C-span het weer eens gewys hoe dinge op eie bodem gedoen word en het hulle wedstryd gemaklik met 8-4 gewen. Die B-span het meer sout op die woude gegooi en hulle wedstryd ook met 7-5 gewen. Met die telling 15-9 in die guns van die tuisspan was dit reeds neusie verby vir die Hybrids.
Black Balls is onkeerbaar in die Hessequa-potspel kompetisie. Die jongelinge het getoon dat hulle oorweeg kan word vir 'n plek in die A-span.
Die veteraan Derrick Hendricks se visier was goed ingestel en het sy wedstryde gemaklik gewen.
Down Town het ook hulle wedstryd teen Power Balls van Melkhoutfontein met 25-11 gewen.
Black Balls se volgende wedstryd is in Heidelberg teen Legend Killers.
Vorige artikel: Albertiniaers toon nie genade
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'