HESSEQUA SPORTNUUS - Die oorgrote meerderheid buitelug sport, soos rugby, sokker en netbal se sportmanne en -vroue in die Hessequa-streek sal eers in 2021 weer aktief aan kompetisies kan deelneem.
Niklaas Pieterse, voorsitter van die Slangrivier Arrows-rugbyklub het na 'n bestuursvergadering in George gesê hulle is in kennis gestel dat daar geen wedstryde of oefeninge vir die res van 2020 sal plaasvind nie.
"Ons verwag dat die eerste voorseisoen wedstryde eers in Februarie 2021 sal plaasvind," het Pieterse gesê.
Ternce Prins, voorsitter van die Hessequa-sokkerfedersie sê SAFA het hulle in kennis gestel dat oefeninge en wedstryde eers gedurende vlak 1 van die grendeltyd oorweeg sal word.
So wag netbalspelers ook angstig op Netbal SA se ja-woord om voort te gaan.
Blues-netbalklub se tesourier, Chanita Paulse het Maandag, 7 September gesê Netbal SA behoort teen einde September uitsluitsel te gee oor oefeninge en wedstryde. Die hoop is egter min dat doele tydens 2020 geskiet sal word.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'