STILBAAI NUUS - Die wenners van die Oktober/November 2021 Aksieliga rolbalreeks was die ywerige en bekwame Flintstones. Die finale wedstryde is Donderdagaand, 25 November by Stilbaai-rolbalklub gespeel.
Veertien aksieliga rolbalspanne het vir die laaste ses weke elke Donderdagaand by die rolbaklub met groot geesdrif vir die Aksieliga-trofee meegeding.
Enige besigheid/maatskappy of groep vriende wat wil inskryf of vir meer navrae kan vir Dup van Renen kontak (082 785 3838).
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'