Update
STILBAAI NUUS - Vier dansertjies van die Anwyn's Acro Dance Academy het Saterdag 30 Julie by die Brugmark in Stilbaai toeskouers in vervoering gehad met hul akrobatiese danspassies.
Dié dansakademie bestaan al sedert 2017 en Anwyn Winterbach het met haar dansers al vele suksesse gesmaak, onder andere deur die Wes-Kaap te verteenwoordig in die tweede en derde seisoene van KykNET se Dans in jou Taal.
Hulle gaan weer in Oktober met 10 dansers aan 'n kompetisie van die Integrated Artistic Acrobatic Association of South Africa in Magaliesburg deelneem en hoop om met heelwat trofeë terug te keer .
Bel Winterbach by 073 461 3000 as jy enigsins kan help om hierdie meisies se drome waar te maak.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'