STILBAAI NUUS - Anwyn's Acro-dans-akademie van Stilbaai het weereens hierdie jaar uitsonderlik presteer by die nasionale kompetisie van die Integrated Artistic Acrobatic Association of South Africa (IAAASA), gehou in Rustenburg by die Selly Park Sekondêre Skool.
Uit 25 items het Hessequa se akrobate 16 plasings gekry. Daar was nege goue medaljes, twee silwer en vyf brons.
Drie van Anwyn se beginner A-deel-nemers het dan ook hul IAAASA-kleure verwerf. Hulle is Dané Cronjé, Marlo Matthee en Ruchelle Erasmus.
Anwyn se akrobate sal aanstaande jaar die geleentheid hê om in die Wes-Kaap hul staal in die nasionale kompetisie te wys.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'