Dit is veral die Oakdale-slaghuis wat vleissnitte teen winskooppryse vir die publiek beskikbaar stel. Daar is vanjaar 130 skape, vier varke en 19 beeste verwerk. Die vrugte- en groentetafel met kraakvars groente word vanaf 08:00 beman en is gewild vir groot hoeveelhede produkte vanaf Patensie en omgewing. Die alombekende Coffee Shoppe bly ? gewilde keuse.
Tydens die Akkerfees word 49 rugbywedstryde op die sewe rugbyvelde van die Hoër Landbouskool Oakdale gespeel. ? Spesiale kleiner veld is ook geskep vir die o.9-wedstryde wat gespeel word.
Skole soos Volschenk, Gerrit du Plessis, Panorama, Voorwaarts, De Waalville, Wittedrift, Albertinia, Bertie Barnard, Worcester Primêr, Melkhoutfontein, Niko Brummer, Bredasdorp en Oudtshoorn-Noord neem deel aan hierdie sportdag.
Dit is egter Paul Roos Gimnasium wat met 25 rugbyspanne op Riversdal kom kuier. Sewentien spanne sal teen Hoër Landbouskool Oakdale meeding. Die hoofwedstryd vind om 14:45 op die De Eikeveld plaas.
Oakdale nooi die Suid-Kaap-gemeenskap uit om die Akkerfees op 14 Mei by te woon en te deel in die feestelikhede. Toegang by die hek is R40/motor.