Gallery
STILBAAI NUUS - Altesaam 80 rolbalspelers van sover as Langebaan en Veldddrif aan die Weskus en Port-Elizabeth in die Oos-Kaap het die afgelope naweek aan die agtste Stilbaai Classic Rolbaltoernooi deelgeneem.
Dié toernooi het oor drie dae gestrek en die 20 spanne moes veral Donderdag en Vrydag (19 en 20 Oktober) sterk wind trotseer, maar dit het nie die spelers se gees gedemp nie en almal was dit eens dat dié toernooi wééreens heerlik en uiters suksesvol was.
Hessequa-burgemeester Grant Riddles het die toernooi geopen deur die eerste bal te rol in die ‘spyder’ - ‘n kollekte vir liefdadigheid word eers gehou, waarna die wit bal op ‘n muntstuk in die middel van die baan geplaas word met die spelers wat dan van reg rondom die baan ‘n bal rol om die naaste daaraan te kom om ‘n prys te wen.
Die wenners van die 2017 Stilbaai Rolbal Classic is van links Kobus Kriel, Magda Robbertse, Japie Combrink en Piet Robbertse met prof Stadler wat die hoofborg verteenwoordig het.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilberg, Hessequa nuus'