STILBAAI NUUS -Die sagte sand by Goukouriviermond is weer op 26 Desember opgeskop tydens die 41ste Stilbaai Touchies.
42 spanne het geregistreer om vir die Stilbaai-titel te veg. Rising Samurai Warriors het Phangela Warriors met 2-0 in die finaal gewen.
Die Phangela Warriors het die Grand Prix-span gemaklik met 10 punte meer as hul naaste mededinger gewen. Hulle het vier uit ses wedstryde gewen en kon net een finaal nie bybring nie.
Die Targo Touch-span is op die laaste dag verwoes en die Maori Kingz neem dus hul plek vanjaar in die Pro-reeks.
Die Challenger-toernooi is deur die Liberty Webb Rebels van Strand gewen en die oop-afdeling is deur die AGW 2 gewen. Beach Bangers wen die junior toernooi.
Spelers, sowel as toeskouers het gereeld gedurende die bloedige warm dag in die rivier gaan afkoel.
Duikslae deur die lug om 'n drie te laat tel het dit duidelik gemaak dat spanne die spel ernstig opgeneem het. Omstanders wat langs die uitgemerkte 'velde' toegestaan het, moes gereeld koes.
'n Miss Touchies 2018 is gedurende die loop van die dag gehou, maar dit het nie net oor mooi lyfies en skoonheid gegaan nie.
Meisies wat deelgeneem het moes die gehoor probeer vermaak, toeskouers kry om almal saam hul hande in die lug te gooi en moes boonop vyf opdrukke doen. Op die sand was dit nie té maklik nie. Polisielede was sigbaar en het die strand gepatrolleer.
Een van Rising Samurai Warriors trap vas. Foto: San-Marié Cronjé
Van die meisies wat aan die Miss Touchies deelgeneem het.
Nathan Cyster van Liberty Webb Rebels het ’n drie tydens die finaal gedruk.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'