HEIDELBERG GOLF-NUUS - Dinamiet kom in klein pakkies, lui die gesegde en as mens na die jonge Elsevir (4), kleinseun van Reginald Moolman, se vaardigheid met 'n gholfstok kyk, kan mens nie anders as om te dink dat hy dit nog ver in dié sport kan bring.
Moolman vertel dat Elsevir vanaf drie jaar oud saam met hom gholfbaan toe gaan. Anders as ander kleuters van sy ouderdom is sy kleinseun baie gretig om gholf reeds op 'n vroeë ouderdom te bemeester.
Moolman het Saterdag 28 Julie tydens Heidelberg-gholfklub se Beginnersdag vir Elsevir saamgeneem en was van die ouer beginners verbaas toe hulle sien hoe hy sy houe uitvoer.
Moolman bedank die klub vir die geleentheid wat hulle vir voornemende kampioene skep deur die dag aan te bied.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'