RIVERSDAL NUUS - Die Riversdal-rolbalklub eerste sosiale liga vir 2021 wink om te begin.
Met slegs pare-spel wat met die Covid-19 regulasies toegelaat is, is die spel eers op die ys gesit, maar met die verslapping van die aangepaste vlak 3-inperking wil dit voorkom of dié gewilde liga reeds Dinsdag, 16 Februarie kan begin.
Charl Nortjé, woordvoerder vir die rolbalklub het Maandag, 8 Februarie gesê die sosiale liga bestuurder, George Uys en die klubverteenwoordiger vir liga spel, Louw Bester is in gesprek om die liga aan die rol te kry.
"Spel sal op Dinsdae en Donderdae plaasvind, met net die helfte van die spanne wat op die onderskeie dae sal speel."
Die formaat sal vier-spel wees.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'