HEIDELBERG NUUS - Vir baie van die Sagesspelers is Heidelberg se gholfbaan een van die populêrste en juis daarom het hulle Dinsdag 24 April op dié baan kompetisie gespeel.
Twee nuwe spelers van Heidelberg, Nicky Burger en Pieter Smuts het by Suid-Kaap Sages aangesluit. Suid-Kaap huidiglik die tweede meeste Sagesspelers in die land.
Niel van Heerden en Chris Barnard van Mosselbaai het groot naam geaak deur ’n algeheel eersteplek te behaal met die Sanlam Sages Nationals op Witbank 16 tot 20 April. Niel het ook die individuele Stablefordkompetisie gewen en verower die Flight of the Fish Eagle-trofee.
Die volgende Sagessaamtrek is op 21 Mei op Mosselbaai en die formaat van die dag se spel is ? “multiplier”.
Wenners op Heidelberg: Marius Loubser en Cassie Swanepoel (1ste), Charl du Randt en Jaco Swanepoel (2de), Bill Annandale en Alwyn Vorster (4de) en Jan Storm (3de).
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'