RIVERSDAL NUUS - Altesaam 66 gholfspelers het reeds ingeskryf vir die gróte op Riversdal se gholfkalender, die jaarlikse Riversdal Classic wat môre, Saterdag 30 November, by die klub aangebied word.
'n Vol veld kan 88 spelers akkommodeer en laatslapers kan nog Saterdagoggend inskryf. Daar is nog plek in die oggendveld.
Danie Geldenhuys en Pieter du Plessis het die Classic verlede jaar gewen.
Die baan is tans in 'n pragtige toestand en dis veral sy setperke wat uitstaan.
Verwag dus 'n titaniese stryd van die bowwe af met van Hessequa se topspelers in aksie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’