ALBERTINIA GHOLFNUUS - 'n Totaal van 59 deelnemers van sover as Swellendam het vir Hoërskool Albertinia se jaarlikse gholfdag op Saterdag, 18 September ingeskryf.
Die verrigtinge is amptelik deur die skoolhoof, Dennis Karelse geopen wat om 11:00 die eerste balletjie vanaf 'n vragmotor afgeslaan het.
Spelers het heerlike vetkoeke, pasteie, poeding en 'n braaivleisete geniet. Die eerste 40 deelnemers het geskenkpakkies ontvang.
Die reëlingskomitee en personeel wat in beheer van die gholfdag was. Foto: Heinrich Fortuin
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'