RIVERSDAL GHOLFNUUS - Die afgelope Kansa-gholfdag by Riversdal-gholfklub het bewys dat gholf in die are van familielede loop.
Pa en seun, Willie en Therlow Prins het Saterdag, 20 Februarie met die louere weggestap op 49 punte, toe hulle die beterbal stableford-formaat kompetisie gewen het.
Danie Geldenhuys en Pieter du Plessis was met 47 punte kort op pa en seun se hakke om die tweede plek in te neem.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'