Die toernooi is 'n jaarlikse instelling en vind groot aanklank by lede van die klub. Die dag bestaan uit 'n rondte gholf, waar die wedywer tussen die twee spanne straf is en word gevolg deur 'n heerlike ete van boerewors en pap, asook bangers en mash.
Elke jaar beïndruk spelers met interessante uitrustings en vanjaar was geen uitsondering nie. Pinoc Jacobs is vanjaar aangewys as die bes geklede deelnemer. Stilbaai Slaghuis het die wors geborg en Rob Drakes die ander pryse en bykomstighede. Die kompetisie was 'n beterbal stableford en die uitslae is soos volg: 1. G. Bayman/A. Blake (50 punte); 2. K. du Preez/J. van der Nest (49 punte); 3. G. Willemse/B. Bezuidenhout (48 punte); 4. M. Jonker/B. Calitz (46 punte); 5. A. Kruker/A. Vorster (44 punte) en 6. P. Sibson /A. Michaels (43 punte).
Die kompetisie tussen die twee spanne is deur die Britte gewen. Volgende jaar sal daar sekerlik kwaai teenstand wees om dié nederlaag te wreek.

Kadoems du Preez as 'n boer.

Klubbestuurder Gavin Bayman en Annatje Blake is die wenners van die 'Boer en Brit' gholfdag.