RIVERSDAL SPORTNUUS - Spel die afgelope naweek by Riversdal-gholfklub op Vrydag, 13 November was van puik gehalte.
Vyf van die Sundowner-kompetisie se top 7 posisies is met uittelle bepaal.
George Uys, Hugo van Dyk en Louis Vermaak het elk 20 punte aangeteken met Uys se uittel wat hom die eerste plek besorg het. Van Dyk was tweede met Vermaak wat die derde plek kon losslaan.
Ulrich van Dyk se 19 punte het hom die vierde posisie besorg. Met Faffa Marais en Nel Mulder elk op 18 punte, het Marais net-net die vyfde plek ingeneem.
Basie Nortjé se 16 punte het hom die sewende plek besorg.
Die Laerskool Volschenk-borgdag op Saterdag, 14 November is deur Faffa Marais en B Jordaan op 53 punte gewen. S Olivier en J Human se 51 punte het hulle die tweede podium posisie laat inneem.
E Eygelaar en H Gericke het met 49 punte die derde plek losgeslaan.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'