HEIDELBERG SPORT NUUS - SWD-krieket het op Maandag 15 Julie hul voorseisoen-bekendstelling, of 'roadshow' soos dit bekend staan, aan die vier klubs in die Hessequa-streek aangebied.
Heidelberg United was die gasheerklub en die verrigtinge is in Kairos se skoolsaal gehou.
Albertinia-, Melkhoutfontein- en Riversdal-kriekeklubs was ook teenwoordig.
Die unie is deur Pieter Stuurman (klubsake koördineerder), Jonathan Beukes (krieketdienstebestuurder) en Felencia Stuurman (nuutverkose SWDK tellinghouersvereniging voorsitter) verteenwoordig.
Agter, van links: Granwin Scholtz (Riversdal), Michael Williams (Heidelberg), Eustice Saayman (Albertinia), Garth Esau (Heidelberg), Basil Esau (Riversdal), Cecil Meyers (Heidelberg) en Philip Jantjies (Riversdal). Voor: Jonathan Beukes, Pieter Stuurman, Felencia Stuurman en Jonathan Michiel (Melkhoutfontein). Foto: Clive Pretorius, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'