HEIDELBERG NUUS - Heidelberg United-krieketklub het Saterdag, 26 Februarie in hul laaste SWDK Six Gun Grill ligawedstryd hul tuiswedstryd teen Thembalethu met 47 lopies verloor.
Die besoekers het die loot gewen en besluit om te kolf.
Die tuisspan het hulle aanvanklik in die knyp gehad met hul telling op 33/4 na 10.4 beurte, maar skaflike vennootskappe van 49 lopies tussen Anele Siyo en sy kaptein, Anoxolo Khitshini het hulle in staat gestel om die totaal van 183 almal uit na 34 beurte op te stapel.
United, wat die teiken van 184 lopies in hul toegelate 50 beurte moes aanteken om hul seisoen op ’n wennoot af te sluit, is vir 136 lopies almal uitgeboul na 21.1 beurte.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'