HEIDELBERG KRIEKET NUUS - United Krieketklub het Sondag 10 Februarie hul laaste SWDK Hessequa-stroom promosieligawedstryd vir Albertinia verspot maklik met 44 lopies verslaan.
Met dié oorwinning eindig hulle bo in hul stroom en speel Saterdag 16 Februarie tuis teen Mayflower van Groot-Brakrivier in ’n kwarteindstryd.
Die tuisspan het die loot gewen en besluit om te kolf, maar was na 7.5 beurte op 16/5 en later op 38/6 na 10 beurte kniediep in die moeilikheid.
Jaques Thyse (kaptein) het egter ’n stewige 31 lopies vanaf net 21 balle (3x4, 2x6) aangeteken. United is almal uit met 89 na 19.1 beurte op die telbord.
Albertinia moes net 90 lopies in hul toegelate 50 beurte aanteken, maar het nie met die tuisspan se vernynige boul- en veldwerk rekening gehou nie.
Almal is vir ’n skamele 45 lopies na 12.5 beurte uitgeboender.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'