RIVERSDAL SPORTNUUS - Die o.19A-, o.19B- en o.15B-krieketspanne van die Hoër Landbouskool Oakdale het die afgelope naweek behoorlik hul merk gemaak op die krieketveld.
O/19A
Die span het teen Hoërskool Outeniqua te staan gekom op Oakdale bodem. Oakdale verloor die loot en word ingestuur om eerste te kolf.
Hulle behaal 244 lopies, vir die verlies van 5 paaltjies, in die toegelate 50 boulbeurte.
Oakdale kolwers wat uitgeblink het was Francois Labuschagné - 67 lopies nie uit nie, Pieter Marais - 67 lopies en Arend Blom - 54 lopies. Met Oakdale boulers wat uitstekend presteer word Outeniqua uitgehaal vir 130 lopies in 46 boulbeurte.
Erick Steyn, Pienie Pienaar en Zandré Conradie behaal almal 2 paaltjies in hul onderskeie boulbeurte.
Oakdale wen die wedstryd met 114 lopies.
O/19B
Tydens die o/19B-wedstryd kolf Outeniqua eerste en teken 85 lopies aan. Boulers wat hul knap van hul taak gekwyt het was Jan Heyns met 4 paaltjies vir 13 lopies en Hennie Keyser met 2 paaltjies vir 14 lopies. Oakdale steek die telling verby in die 16de beurt met 7 paaltjies plat. Beste kolwer: Albert Steyn met 22 lopies.
Oakdale wen die wedstryd met 3 paaltjies.
O/15B
Die span het die lang pad Beaufort-Wes toe aangedurf vir hul wedstyd teen Hoërskool Sentraal. 'n Hoogtepunt op dié uitstappie is jaarliks die stop by Meiringspoort en afkoel in die swempoel.
Sentraal wen die loot op hul tuisveld en besluit om eerste te boul. Oakdale word uitgeboul vir 96 lopies in die 24ste boulbeurt.Oakdale se beste kolwer was Mardo Wasserman met 38 lopies. Sentraal word uitgeboul vir 81 lopies in die 21ste boulbeurt. Oakdale boulers wat uitgeblink het was Hanno Neethling met 6 paaltjies vir 25 lopies in 9 boulbeurte, asook Jandrian Goosen met 4 paaltjie vir 22 lopies in 8 boulbeurte.
Oakdale wen die wedstryd met 15 lopies.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'