HESSEQUA NUUS - Melkhoutfontein-krieketklub het Saterdag, 19 Februarie op hul tuisveld vir Albertinia met gemak met twee paaltjies gewen in hul SWDK Six Gun Grill B-ligawedstryd.
Melkies het die loot gewen en hul besoekers ingestuur om te kolf. Albertinia kon net 107 lopies, almal uit na 44.1 beurte opstapel.
Die tuisspan is die maklike teiken van 108 lopies vanaf hul toegelate 50 boulbeurte gestel en dit het hulle vanaf 27.3 beurte met hul totaal op 108/8 behaal.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'