Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die plaaslike krieketklub is kliphard besig om hulself vir die nuwe seisoen voor te berei.
Volgens die voorsitter, Jason van Rensburg, is vanjaar se liga effens langer as vorige jare met 22 wedstryde.
Dit is die derde jaar dat die klub as Hessequa-streekwenners uit die stryd tree. "Ons het verlede jaar slegs een wedstryd verloor. Dit was 'n wegwedstryd teen Albertinia," vertel Van Rensburg.
Die streek bestaan tans uit vyf spanne: Riversdal, Melkhoutfontein, Slangrivier, Heidelberg en Albertinia. Vanjaar kom 'n paar ander spanne ook by, waaronder Knysna Kavalliers, George, Wildernis, Plettenbergbaai en Franschhoek.
Die klub nooi die gemeenskap uit na hul krieketoefeninge wat elke Maandag, Dinsdag en Donderdag van 16:00 tot 19:00 op Riverville-stadion plaasvind.
"Almal met 'n liefde vir krieket en wat glo in die opbou van jongmense, word hartlik uitgenooi om deel van Riversdal-krieketklub te word. Moenie in jou vermoëns twyfel nie. Ons sal jou help om te verbeter."
Die klub het ook 'n damesspan, waar Mochelle May leiding gee. "Riversdal-krieketklub bevorder positiewe ontwikkeling van ons jongmense, liggaamlik en geestelik."
Vir enige navrae kontak Van Rensburg by 071 875 0254.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'