Update
HEIDELBERG KRIEKETNUUS - 'n Kriekettoernooi om die moraal van jeugdiges op te beur, asook om hulle besig te hou omdat geen kompeterende sportaktiwiteite nou bedryf kan word nie, is deur die Wynland Friends Circle (FC), 'n groep vriende en familie onder leiding van Vennito van Niekerk en koördineerder inisieër.
Die toernooi is Sondag, 15 November op die ou rugbyveld, nou bekend as Young Stars Ovaal op Heidelberg aangebied en bestaan uit T10-wedstryde. Elke wedstryd word tot 10 boulbeurte beperk.
Annelene Hartnick het tydens die openingseremonie die jongmense vir hul bydrae bedank om 'n verskil in die gemeenskap te maak. Sy het hulle ook geloof dat hulle as nuwe generasieleiers hul plek volstaan.
Volgens Van Niekerk het hulle ook ten doel om geld te in om kerke wat as gevolg van die pandemie finansieel swaar trek, te ondersteun.
Die tweede rondte het Sondag, 22 November plaasgevind, waartydens die Turtles en Dé Javu, asook Wynland FC en Young Guns kragte gemeet het.
In die eerste wedstryd het Turtles die loot gewen en besluit om te kolf. Dé Javu het binne die eerste beurt twee paaltjies, dié van Corbin Swartbooi en Jaques Thyse laat kantel. Hulle het egter nie met die kaptein.
Shirgené Swartbooi en Marcelino Meyer rekening gehou nie. Meyer het 'n vinnige 66 lopies vanaf net 29 balle (7x4, 4x6) gemoker, terwyl Swartbooi met 40 lopies vanaf 32 balle (3x4, 3x6) tot die skaflike totaal van 130/3 vanaf hul toegelate 10 boulbeurte bygdra het.
Vir Dé Javu het Danielo du Preez met 2/18 na 2 beurte en Ryan Petersen met 1/ 5 na 2 beurte die paaltjies ingeoes.
Dé Javu moes 131 in hul beurt aanteken, maar is vir 80/5 uitgeboender wat aan Turtles 'n sege van 50 lopies verseker het. Net Yugi Roberts met 20 vanaf 19 balle (2x4), Du Preez met 15 vanaf 9 balle (1x4, 1x6), asook Wesley Bunding met 11 lopies vanaf 22 balle kon met die kolf hond haaraf maak.
Die Turtles se suksesvolste boulers was Cammy Scholtz met 3/7 na 2 beurte en Percel Marais met 2/16 na net 1 beurt.
In die hoofwedstryd van die dag het die Young Guns hul meer ervare opponente, Wynland FC gemaklik met sewe paaltjies gewen na Wynland die loot gewen en besluit het om te kolf.
Hulle kon egter net 98 lopies vir die verlies van vyf paaltjies in hul toegelate 10 beurte opstapel. Van Niekerk met 27 lopies van 16 balle (2x4, 2x6) het die beste met die kolf gevaar. Alwin Cronjé met 23 vanaf 13 balle (1x4, 1x6), asook Elrick Pretorius met 18 vanaf 14 balle (2x4, 1x6) het moedig met die kolf bygedra.
Vir Young Guns het Berthal September met 2/5 na 2 beurte en Juwayden Lewak met 2/13 na sy 2 beurte die beste met die bal gevaar.
Young Guns moes 99 lopies behaal om die wedstryd te beklink en het dié totaal met net drie paaltjies plat opgestapel.
September het 53 lopies vanaf 26 balle (3x4, 3x6) aangeteken, terwyl Byron Esau met 33 lopies vanaf 20 balle (2x4, 1x6) ingesluit het, gespog.
Pretorius met sy 3/8 na 2 beurte het die beste met die bal vir Wynland FC gevaar.
Vorige artikel: Krieket hou jonges besig
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'