HEIDELBERG NUUS - ‘n Kriekettoernooi om die moraal van jeugdiges op te beur, is deur die Wynland Friends Circle (FC), ‘n groep vriende en familie onder leiding van Vennito van Niekerk en koördineerder inisieër.
Die toernooi is Sondag, 15 November op die ou rugbyveld, nou bekend as Young Stars Ovaal aangebied en bestaan uit T10-wedstryde.
Elke wedstryd word tot 10 boulbeurte beperk.
Annelene Hartnick het tydens die openingseremonie die jongmense vir hul bydrae bedank om ‘n verskil in die gemeenskap te maak.
Volgens Van Niekerk het hulle ook ten doel om geld te in om kerke wat as gevolg van die pandemie finansieel swaar trek, te ondersteun.
Die tweede rondte het Sondag, 22 November plaasgevind, waartydens die Turtles en Dé Javu, asook Wynland FC en Young Guns kragte gemeet het.
Lees die volledige wedstrydverslag in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'