RIVERSDAL NUUS - Oakdale se o.15A-krieketspan het Saterdag vir Glenwood op sy tuisveld in 'n naelbystryd met ses lopies geklop.
Oakdale is in 21 beurte vir 118 lopies uitgeboul met Pieter Gildenhuys (28) sy beste kolwer. Gildenhuys het ook uitgeblink met die bal en 2/22 platgetrek vir 'n puik veelsydige vertoning.
In Oakdale se kolfbeurt is hy stewig ondersteun deur Jandrian Goosen (19) en Artho Snyman (12).
Oakdale het daarna die besoekers se toporde afgemaai en hulle uiteindelik in 25,1 boulbeurte vir 112 lopies uitgehaal.
Jean Fouche (2/7) en Warren Labuschagne (3/29) het die paaltjies dodelik akkuraat aangeval.
Hanno Neethling speel die bal aan sy wegkant.
Jandrian Goosen (19) het 'n puik vennootskap saam met Pieter Gildenhuys gedeel.
Pieter Gildenhuys het vi rOakdale uitgeblink met die kolf en 'n stewige 28 lopies geslaan. Hier stuur hy die bal weg vir vier lopies.
Arto Snyman (12) kerf die bal aan sy bykant.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'