STILBAAI NUUS - Die aksiekrieket is in volle swang en die manne is besig om mekaar op te keil.
Woensdagaand 6 Maart was nie 'n uitsondering nie en Bertie Barnard het hulle bes probeer teen Stables.
Uiteindelik het Stables as oorwinnaars van die veld gestap met hulle 150 lopies teenoor die 130 van Bertie Barnard.
Selfs die skoolhoof, Nicky Deetlefs, het sy bes probeer, maar hier teen skemer was Bertie Barnard se gô uit.
Daar is nou feitlik elke aand krieket om deur die verpligtinge te kom en Stilbaaiers kan gerus teen 17:00 die manne gaan ondersteun.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’