SUID-KAAP NUUS - Vir die eerste keer in 22 jaar het SWD-tweekamp daarin geslaag om die sterk OP-span op eie bodem te klop en sodoende met die Chris Jansen-spantrofee weggestap.
Dit was 'n uiterste spanpoging deur al die atlete, aangesien 'n paar van SWD se topatlete nie kon deelneem nie.
Oostelike Provinsie moes met die tweede plek tevrede wees, gevolg deur Grens en Vrystaat.
Juan Pretorius van SWD junior veterane is boonop met die senior victor ludorum bekroon.
Die kaptein van die span, Gustav Schlechter het die vinnigste swemtyd aangeteken met 'n skitterende 57,85 vir die 100 m.
Die Schlechter-gesin, Marius, Gustav en Lara het elkeen 'n goue medalje verower. SWD verower in die proses 12 medaljes.
Medaljewenners
• Meisies o.8 - Sumay van Wyk, silwer (2 093)
• Seuns o.9 - Ruben Gouws, goud (2 352)
• Meisies o.9 - Karli Lotter, silwer (2 228)
• Seuns o.13 - Matthew van Coller, silwer (2 248)
• Seuns o.15 - Christian Hattingh, silwer (2 134), De Wit Bothma, brons (2 116)
• Seuns o.17 - Gustav Schlechter, goud (2 328), Reynard Janse van Rensburg, silwer (2 184)
• Meisies o.19 - Lara Schlechter, goud (2 364)
• Junior veterane - Juan Pretorius, goud (2 305)
• Veterane - Walter Lusch, silwer (2 198)
• Senior veterane - Marius Schlechter, goud (2 258).
Die span in die optog.
Puik vierde plekke het bygedra tot die span se oorwinning: Lamé Gouws, Hanré Jubelius, Herman Spangenberg en Johan van Eeden.
Lees 'n vorige artikel: SWD-Tweekamp maak geskiedenis
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'