SUID-KAAP NUUSFLITS - Vir die eerste keer in 22 jaar het SWD-tweekamp daarin geslaag om die sterk Oostelike Provinsie-span op eie bodem te klop en sodoende met die Chris Jansen- spantrofee weggestap.
Dit was 'n uiterste spanpoging deur al die atlete, aangesien 'n paar van SWD se top-atlete nie kon deelneem nie.
Oostelike Provinsie moes met die tweede plek tevrede wees, gevolg deur Grens en Vrystaat.
Juan Pretorius van SWD junior veterane is boonop met die senior Victor Ludorem bekroon.
Die kaptein van die span, Gustav Schlechter het die vinnigste swemtyd aangeteken met 'n skitterende 57,85 vir die 100 m.
Die Schlechter-gesin, Marius, Gustav en Lara het elkeen 'n goue medalje verower. SWD verower in die proses 12 medaljes.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'