STILBAAI NUUS - Reënweer kon nie die entoesiasme van die Rooi- en Blouspanne tydens die skool se kleuresportbyeenkoms op 24 Januarie op Stilbaai se sportterrein demp nie.
Die Blouspan het uiteindelik as die wenners uit die stryd getree.
Die skoolhoof, Nicky Deetlefs, het die ouers en onderwysers bedank wat die oggend se vier seisoene saam deurgemaak het om van die dag 'n sukses te maak, terwyl hy die kinders geprys het wat met entoesiasme en vol geesdrif deelgeneem het.
Die Blouspan tydens die openingseremonie. Foto's verskaf
ARTIKEL: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'