HEIDELBERG NUUS - Die groter kinders by Hoërskool Heidelberg het gehardloop, gespring, skywe gewerp en rekords laat spat, maar dié skool se kleiner rakkertjies het ook wenpaal toe gesnel.
Leerders van gr. R tot 6 het verlede naweek by die skool se sportterrein ouers, onderwysers en beamptes met hul jong, vars atletiese vermoëns verras.
Die sowat 120 grondslagfase-leerders het álmal deelgeneem.
Kinders van die Hansie & Grietjie-kleuterskool in die dorp het saam in die atletiekpret baljaar en heerlike genietinge aan die toeskouers verskaf.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’