Gallery
HEIDELBERG NUUS - Hattieland se grondslagfase het Donderdag, 27 Januarie hul kleure-atletiek gehou en Vrydag, 28 Januarie was dit die res van die skool, grade 4 tot 12 se beurt om na twee jaar weer 'n volwaardige byeenkoms te hou.
Die verrigtinge is op beide dae goed deur die atlete se ouers, asook ander belangstellendes bygewoon.
"Die kleure-atletiek was 'n positiewe stimilus vir die skoolgemeenskap en 'n rigtingwyser vir ons strewe na uitnemendheid in 'n veranderlike sosio-ekonomiesese samelewing. In twee woorde, genoegdoenend en verrykend' vir die gees," het die nuut aangestelde skoolhoof, Jacques Nell gesê.
Hy het hom ook goed van sy taak as aankondiger gekwyt.
Fotogalery: Kleure-atletiek by Hattieland
Die kompetisie tussen die atlete was baie kompeterend en is hulle luidkeels deur hul ouers en ondersteuners aangemoedig.
Die Rooispan het die beker gewen vir die meeste punte en die Blouspan het die geesbeker gewen.
Tydens die twee dae se atletiek was daar geen gebrek aan ondersteuning vir die atlete nie.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'