HESSEQUA NUUS - Analie Heyns en Danie Geldenhuys is as Langeberg-atletiekklub se sportman en -vrou van 2018 aangewys.
Die klub het erkenning aan hul atlete gegee tydens hul algemene jaarvergadering wat op Saterdag 19 Januarie plaasgevind het.
Atlete is vir verlede jaar se prestasies vereer. Atlete wat die 2018-Comrades voltooi het, het ook erkenning gekry.
Hulle is Louis Booysen, Mattheys Heyns, Helana du Toit, Elona Keyser, Wendy Joubert, Analie Heyns, Danie Geldenhuys, Nico Steyn, Lodelia Odendaal en Lientjie de Beer.
Wendy Joubert ontvang die trofee vir beste vordering van die jaar.
Die Strava-toekenning gaan aan Helana du Toit.
Sportmangees van die jaar is aan Mandie Zietsman toegeken, terwyl Callie Jordaan die inspirasie van die jaar toekenning ontvang het.
Wendy Joubert, Helana du Toit, Mandie Zietsman, Danie Geldenhuys, Analie Heyns en Callie Jordaan.'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'