STILBAAI NUUS - 'n Lekker uitdagende 16 kilometer draffie vanaf Jongensfontein al teen die kuslangs tot in Stilbaai is net die ding om Erfenisdag te vier.
Stilbaai Toerismeburo daag een en almal uit om hierdie Heritage Trail Run aan te pak op Saterdag 21 September en indien dit 'n bietjie ver is, veral vir die jonger kinders, is daar ook 'n minder uitdagende vyf kilometer roete.
Die eindpunt is by die toerismekantoor by Palinggat waar daar stalletjies met kos en snuisterye op jou wag.
Enige navrae kan gerig word aan die toerismekantoor by 028 754 2602.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’