HESSEQUA NUUS - Atlete by alle laer- en hoërskole in Hessequa asook seniors by atletiekklubs kry op Woensdag 9 Augustus 'n gulde geleentheid om 'n afrigtingskliniek in die Riverville-sportstadion in Riversdal by te woon.
Dié kliniek, wat op stappers en naellopers gemik is, begin om 10:00 en duur tot 13:00. Atlete van alle ouderdomme kan dit gratis bywoon.
Kontak die naelloopafrigter Hendrik Prins by 079 350 8796 of die stapafrigter Jonathan Hartnick by 081 315 7016 vir meer inligting oor die kliniek.
Prins sê die doel van die kliniek is veral om die fokus te laat val op stapwedlope in Hessequa en die Tuinroete en weer nuwe lewe in die sportsoort te blaas, maar naellopers sal net soveel hierby baat. Hy het veral skole aangemoedig om soveel as moontlik belangstellendes na die kliniek te stuur.
Reëls van Wêreldatletiek, Atletiek Suid-Afrika en Atletiek SWD sal geld en word onder hulle vaandel aangebied.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’