STILBAAI NUUS - Ayabonga Matinjwa van Laerskool Bertie Barnard wou bitter graag teen haar onder-agt maatjies meeding tydens Vrydag 2 Februarie se kleuresport byeenkoms.
Daar was egter net een probleem en dit is dat Ayabonga sukkel met lae visie.
Juffrou Verona Pieterse het egter besluit dat niks in Ayabonga se pad moet staan nie en sy het aangebied om haar te lei.
So gesê, so gedaan en die twee het vol glimlagte en bravade al Ayabonga se wedlope voltooi.
Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’